Bertus kraai
Bertus Kraai
Met ou Bertus moes jy maar altyd die waarheid raai.
‘n Land wou hy graag ploeg, maar werk maak hom gou moeg.
Familie om die tafel het hy geruil vir enjins om mee te stoei.
Hy wou graag ploeg, maar raak redelik gou moeg.
Om te aas soos ‘n kraai ken hy goed. Veral by die dooies, want niemand kan hulle roep.
‘n Laaste aas probeer hy slaan, die ou ploeg wat al vir jare staan.
Dit was toe die dag wat die lewendes voet vasstaan en ou Bertus Kraai sy naam ‘n ploeg hou slaan.
(C) Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.