florence van 2020
laasnag op my duin
was die see onstuimig
golwe het gekom en gegaan
tot barstens toe vol wit skuim
het dit my duin weereens gevorm
tot wat dit vanoggend na lyk
so in die nanag lê ek en dink
aan die mediese personeel
wat elke nag bang moet
gaan slaap – bang
vir hul eie lewe
bang vir hul
kinders
wederhelftes
bang dat hul
maatreëls
dalk nie
genoeg
is nie
die
las van
essensiële
werkers moet
dra
‘n
gebed vir
elkeen
van
hulle
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.