Grassade
Grassade
Deur: Ryno du Plessis
Lewensreën het geval. ’n Goeie oes het gelewer. Dit lyk na ’n beter lewe.
Dorre land, my gemoed het gesak.
In die donker sal ek God bedank.
Soos grassade waai ons almal oor die lewensland.
Vandag goed, môre sleg.
Nêrens het God gesê Hy gaan ons hier bederf.
Soos elke boer die seisoen beloer, moet ek hier, in my lewensuur, plant volgens God se Woord.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.