Jongste aktiwiteit:

Ek mis jou

Ek val op my knieë
jou reuk lê nog in die lakens,
my landlyn na jou toe
is in die vorm van gebed.

Ek mis jou vanaand
terwyl die reën saggies
dans op ons sinkdak,
die druppels se prentjie
op die venster herinner
my aan dae van gister.

Ek mis jou vanaand
terwyl my wyn glas
aleen love songs luister,
terwyl hy toe oë
op die hartseer ritme
homself troos.

Ek mis jou vanaand
soos die gange se mure
kort films van ons
lewe uitspeel, so naby
dat ek dit op my
vel kan voel.

Ek mis jou vanaand
soos die wind die gordyne
laat rond swaai met ouderdom vlekke,
ons wou hom vervang
toe ons gewindow-shop vir ‘n beter lewe
ons jong dae was ons arm,
maar ek was skatryk met jou by my.

Ek bel vanaand
net om te sê
ek mis jou
veral in die aand
as die lewe stil raak…

(c) Regardt Belo




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Lollie het ‘n nuwe publikasie gemaak