Jongste aktiwiteit:

Hoekom ek hier is

Ek is nie hier om te baklei nie,
ek het gekom om jou te haal
Ek het gekom om jou te sê
dat ek jou mis, en ek wil jou terug hê.

Ek mis jou oë se gesprekte.
Ek mis jou mond se lyftaal.
Ek mis jou hande tussen myne.
Ek mis jou asem wat my lewe gee.

Ek het gery deur die aand en sy oggend
om jou te vertel dat ek jou lief het.
Ek wil nie hê daai woorde moet vervang
word met ek mis jou nie.

Ek mis ons oomblike .
Ek mis ons stilte .
Ek mis ons die meeste.
Ek mis om saam jou een mens te wees.

Ek staan hier met my hart op my mou.
Ek staan hier met ‘n siel so rou.
Ek staan hier en kyk met nuwe oë.
Ek staan op my een knieg…
Sal jy met my trou?

(c) Regardt Belo




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed