My taal dans in my hart GOUD
Waarom wil jy my taal vermoor,
met anglisismes en vermenging
ons moedertaal versmoor
wat is dan tog mooier as die
suiwer klanke op jou tong…
karmenaaitjie, botterblom
poenankies en nog meer,
ou argaiese woorde
wat ons taal so mooi opsom
van toeka tot die hede
praat ons kleurvol Afrikaans –
laat die lied van ons verlede
in jou hart kom skoffeldans
©️ Amanda de Meillon
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.