Pot vol leuns
Pot vol leuens Deur: Ryno du Plessis.
In my gebroke wêreld verbloem ek my gebreke.
Altyd beter, altyd slim— niemand weet beter.
In my gelapte beker verdrink ek in my verbeelding.
’n Pot vol leuens; ek leen my prentjie wat vol bekrab is.
Betrap in my wêreld van stories, seker maar ’n droom, besef ek: ek dra ’n donker kroon.
Met leuens het ek God verloën.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.