Weggooi kind, wegloop kind
Jy weggooi kind,
verlate, verweerloos en alleen gelos.
Met die hartseer in jou oë,
met die hunker na ‘n liefdevolle gesin in jou hart,
hou aan glo,
jy bly immers steeds Vaderskind,
die lewe is ook net wreed met jou,
maar jy verloor nie hoop, en jy staar jou nie blind,
want op die straat is dit gevaarlik,
wil jy ook net saam met iemand ‘n lewe bou.
Kry jy moed om weer ‘n volwasse mens te vertrou,
word jy dalk net weer mishandel en verkrag,
sit jy daar op die koue straat,
jy weet nie of jy die lewe moet liefhê, of moet haat,
sit jy ook net daar en wag want môre is dalk ‘n nuwe dag.
Het jy reeds weggeloop want jy was mishandel,
ek wil saam met jou rou,
weggooi kind, wegloopkind, ek dink huidiglik aan jou.
Sien jy ook daagliks die straat se gevaar,
hoe mense aangerand word, hoe mense dwelms koop.
Sit jy ook maar net daar,
maak of jy niks sien nie want dalk gebeur iets met jou,
bedel jy kossies daar en hier,
staan jy op jou knieë, en bid vir nog ‘n bietjie hoop.
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou
2 Kommentare
-
Vonnie
Timothy, baie dankie vir jou (die eerste) inskrywing vir September.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Hierdie is n diep-seer werklikheid wat jy so mooi vaspen