My trots, my taal… Afrikaans
Van moederskoot ken ek jou…
in kleutersang en troetel woord,
strompel jy hink-hink tot skoene groot.
My taal… Afrikaans, jy’s lieflik in klank,
hoe meer ek van jou leer, hoe meer wil ek weet,
so laat my toe om jou te ontleed.
Jou suiwer prag en praal is skaars
soos eeue oue skatte verborge in bestaan
moet ons keer dat jy nie in tyd vergaan.
Jy’s volks besit in jou skugter roem
en pronk pragtig in digterstaal
en vele spannings volle verhaal.
So luier op elk’ gewillige tong – my taal,
kosbaar is jou klank wyl ons in jou spore dwaal.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Liefde vir Afrikaans projek