Jongste aktiwiteit:

LENTE IS HIER…

Heerlik glimlag die son vir ons,
so stralend op hierdie heerlike lente-dag.
Dit was verseker ‘n lang wag,
kom ons wees weer kind,
laat ons lekker in die son gons.

Lente is hier,
ja, dis verseker.
Kom ons wees weer kind,
gaan speel in die son.
Laat ons op hierdie dag,
soos van ouds saam ons ouers bond.

Heerlik glimlag ons vir mekaar,
saam die sonnetjie wat so helder mooi skyn.
Al ons hartseer en verlange verdwyn,
laat ons ewig in die son baljaar.

Lente is hier,
glimlag nou.
Onthou om geliefde in jou hart te hou,
wees weer kind,
ons, ons vreugde in die sonnetjie vind.

©Kopiereg-TImothy De Vos Botha-Alle Regte Voorbehou 01/09/2015




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed