Meer as net ‘n mens
Meer as net ’n mens
Deur: Ryno du Plessis
Stil lê die see, branders op hul eie vaart, van hier blyk geen gevaar.
Iewers op die groot blou see woed stormwinde, rowwe see.
Maar God maak die storm stil, Hy sit by ons wanneer die waters ons omvou.
Jy is meer as net ’n mens— jy is My kind, My grootste wens.
Weet, al voel dit of die wêreld gil, Ek maak jou storm stil.
In My Woord sê Ek keer op keer: dié met gebroke harte is die naaste aan My.
Daar waar Ek regeer, sal jy nooit kan sink; Ek is steeds jou God in beheer.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.