Namakwaland se Daisy Goud
Wanneer die eerste druppels oor die aarde dans
en jou groen deur die aardkors bars
ontplof daar n simfonie van blomme oor die Karoo
gessigies gedraai na bo
ek luister na die koper simbale wat dans in die reën
die veld se bruin giggel wanneer jou blomkombers oopsprei
jou geel brand op my vel soos die warm somerson
Jy is Namakwaland se wonderblom
©️ Amanda de Meillon
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Junie 2026 – STREEK/OMGEWING projek