Saartjie Kleinhans
Saartjie Kleinhans
Gebore en getoë daar agter die klipperand.
Skooljare onder die kameeldoringboom.
Geleer skryf in die sand. Met klippe getel en dollos gespeel.
Gelapte rok, maniere ongeskool.
Tog was daar iets mooi in die vuilgesig-nooi.
Oor die vlaktes het sy gehardloop. Kaalvoetkind—skoene het haar glo gebyt.
Waar jy haar ook sou gewaar, sou jy haar altyd ‘n deuntjie hoor fluit.
Die mense van die skepe het haar gevind. Sy is weggevoer na ‘n verre land.
Jare later kom die nooi terug, die mooiste wat die klipkappers hier ooit sou sien.
Sou hulle die verhaal van Aspoestertjie geken het, sou hulle glo dit was ‘n ware verhaal.
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.