leierskap
slap leierskap wek geen vertroue
leierskap met ‘n venynige byt ook
balans in leierskap en bestuur nodig
haaie gaan heeltyd vir beste brokkies
skilpaaie kom te laat om invloed te wys
dolfyne is slim en doelgerig en vaartbelyn
wees soos die dolfyne met jou leierskap
deurdink elke stap wat jy neem
hoe moeilik dit ook mag wees
moet nie in die warm olie spring
as daar tyd is om te wag tot dit afkoel
doelgerigte optrede is altyd duidelik
gedefinieërd en deursigtig eerlik
wees altyd skerp een stap voor
leierskap neem mense saam
druk hulle nie van agter
trek hulle nie van voor
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.