Jongste aktiwiteit:

Gebroke mens

Verstar, verdwaalde kyk, uit oë drooggehuil,
Dieper lê die waarheid waar agter jy wil skuil.
Lyne diep gekerf in ‘n vel so droog soos bas,
Lê gekruis oor kommerwonde van elke dag se las.

Hande opgewerk, hard en oop gebars,
Vryf skurf teen mekaar om die koue te verpas.
Hare dof en dor, in ponie vas gebind,
Amper soos die van ‘n onskuldige kind.

Gebroke siel wat wandel, dag in en dag uit,
Wanneer kom die Here om jou hartseer eens te stuit?
Rou is jou hart, en dood jou verlange siel,
Oor die koue bitter lewe wat jou keer op keer verniel.
Paula Paxton©




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed