Hulle noem hom oom Tokkolossie
Hulle Noem Hom Oom Tokkolossie
Tussen die hoë bome in ‘n spitsdakhuis het hy gewoon.
Die kraaie mak soos hoenders op die werf.
Saans huil die uile om die huis. Selfs ‘n spook voel daar nie tuis.
Met ‘n lang grys baard, hare soos toue oor sy gesig.
Die wat wel nog oor is.
Klere dra hy min. Net sy gelapte broek wat soos ‘n sak om hom hang.
Woorde kom skaars uit sy mond. Sy kierie praat namens hom.
Sou kinders probeer om groente met ete te vermy, of hul ore aan stout te leen, hoor hulle gou:
“Oom Tokkolossie gaan jou kom haal en wegdra aan die been.”
Sou die kinders maar net weet, hy maak seker Straatbrak kry ook vanaand ‘n been.
Oud en afgetree, versorg hy wegloopdiere.
Daarom bly hy liewer ver van sy bure.
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.