‘n Penvriend
Ek wonder wat sou gebeur as my hart kon skryf
Sou hy ook geskryf het oor hoe hy voel
Elke keer as hy jou onthou
Of sou hy skryf oor hoe hy homself probeer regmaak
Elke keer as hy homself stukkend val
Dalk skryf hy net oor die oomblikke
Wat hom vinniger maak klop het
Of daai keer toe hy vergeet het hoe om te klop
Omdat hy so baie van jou gehou het
Ek wonder of hy oor my sou skryf
Oor al die kere waar ek van hom vergeet het
En hy die straf moes dra
Ek wonder of hy vir my sou sê
“I told you so”
Dalk sou hy net vir my sê
Dat hy nie van al die mure hou wat ek om hom bou nie
En dat dit hom meer seer maak
As wat dit hom beskerm
Ek wonder of my hart ‘n posbus het
Sodat ek vir hom kan skryf
Net om vir hom jammer te sê
6 Kommentare
-
Evelyn van der Merwe
As so 'n hart maar kon stembande hê......... Goed gepen.
-
Yolande
Ek hou hiervan
-
Palet
Sweet
-
Inkmoderator
Wat 'n uitsonderlike idee. Ek weet ek het reeds aan 'n paar van jou verse gekrap, en vra om verskoning. Ek wil tog hê jy moet ietsie leer en daarom staan ek lank stil by jou verse. Die boodskappe in jou verse is besonders. Ek dink wel jy trap klei met die implimentering van sekere reëls (wat in poësie ook nie altyd so rigied behoort te wees nie). Ek lei graag maar wil jou onder geen verpligting plaas nie. Kom ons kyk of die lengte van sinne, onnodige en oorbodige woorde nie eerder gesny kan word nie, onder dat ons die strekking en konsep verloor. Ek wonder; sou my hart kon skryf, sou hy oor gevoelens pen as hy jou onthou? of skryf oor hoe hy homself versorg in tye as hy stukkend breek. Ek het die eerste strofe vir jou gekonseptualiseer...kyk of jy op eie trant en tyd die ander kan en wil aanpas. Laat weet my gerus. Ek help graag as jy wil. Groete
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
dis nou baie mooi... nogal n goeie vraag in die slot ...