Die foto van gister
Die Foto van Gister
Vreemde gesigte van ek-kan-onthou hang in mense se gange, begrawe in albums of gestoor in gedagtes.
Haat bly baas. Die middel van die foto is sy troon.
Spyt kan jy nie mis nie. Hy is die man met snye oral oor.
Geduld dra haar swart hoed soos iemand wat rou, verberg agter die res.
Die roekelose vuurkop, Ek-Sal-Wen, maak nie saak wat die lewe stuur.
Gewete staan daar omdat hy moet. Hy suig ‘n teug aan sy pyp, langs sy vriend, ou Spyt.
Oom More maak elke fotograaf sweer. Sy gesig mag niemand sien. Skrams weet almal hy is wel daar.
Die familiefoto dra hulle almal saam. Al ken die klomp mekaar van geen kant nie, sit hulle soos regte mense in die foto geplant.
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.