Soos ‘n Wildsbokkie
Soos ‘n Wildsbokkie
Waarom vrees mense die stilte
en om alleen te wees?
Waarom liewer een met die skare ingehok
In oorvol kafeetjies, winkels en restaurant
onrustig en bang om eenkant afgesonder te wees—
Vanwaar die kudde instink van veilig in die groep?
Ons sekuriteit is gesteel,
die alleenmens het ‘n prooi geword
agter slot en grendel verskans,
weerloos soos ‘n wildsbokkie
eenkant weg van die trop—
Janetta- Helena [Babs]©
3 Kommentare
-
-
Anze
groot waarheid pragtig hier vasgepen tannie Babs
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Filosofies waar!