Jongste aktiwiteit:

DIE WINTER HET BEGIN

Die maan het gisteraand ‘n traan laat dros
tot op die nagskilder se pallet
wat silver spatsels klots teen bakkersbossies
waar naggoggas reisagente
by die voordam se oorloop bekkie speel
en somer blaar armades wegseil
om plek te maak vir die winter wat begin

Die maan se skewe wit glimlag
skoffel die nag se speelkaarte met mis vingers oop
versteekte kaarte vir die somer se spelers
terwyl kapok vlokkies
kielie-kielie met die naambord by die plaashek speel
en modder spore glas spieëlbeelde word

…dan rol die somer sy beddegoed in die maanlig op
en nog ‘n druppel lê gevries gedaan… die winter het begin…




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

9 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed