Jongste aktiwiteit:

Sien Is Glo, En Glo Is Sien

Sien Is Glo en Glo Is Sien.

O, om net kan sien,
om net te kan hoor, en
met albei gawes geseënd te wees!
Sien is glo, en glo is sien, maar
uit rebelsheid beur mense stroomop
en is horende doof en siende blind
omdat moedswillig die gawes van
rede en insig opsy geveeg word om
eie wil en begeertes te laat botvier—
Maar hoewel letterlik blind “sien” jy rede
figuurlik in en verstaan, of jy is doof maar
“hoor” wat die ander een se standpunt is—
Wat ‘n wonderlike gawe om al die skoonheid
letterlik te kan aanskou en om al die hemelse
musiek letterlik en sielsverrykend te kan hoor
en jou geliefdes te kan sien, en bowenal die
gesegde van sien is glo , en glo is sien
letterlik te kan belewe en uitleef—

Janetta – Helena [ Babs] ©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • MVvW het n geregistreerde lid geword

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak