Gebed: In, maar nie uit die wêreld
“Sou ek nie bìtter graag wou ken
die oorsprong van my angs en vrees?
Dan sou ek mos as enkeling
gehoorsaam dat ek stil moes wees
in onvervreembaarwete dat U Stem
vermaan: “Hier bly jy net ’n Vreemdeling.”
O Heer, as eens my tent beginne reep
en ek in eie vasgevange sonde tot U smeek;
verlos my dan uit kleingelowigheid se greep
van bose saamgedragte vals verwyt
wat soos vlymskerp dolke in my steek.
Maak U my sondeleeg wanneer ek pleit…”
8 Kommentare
-
-
Arnold
Dis 'n nederige gebed wat nooit sal beskaam nie.
-
Evelyn van der Merwe
So kan elkeen van ons hier ons hoofde buig en hierdie woorde uiter. Pragtig.
-
Anze
Ek kan net Amen se op hierdie uit die hart gebed.. pragtig gepen!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Pragtige gebed