Oral daar
Waar sonneblomkoppe hemelwaarts keer
verf sonbal sy strale teen plafon van sfeer
waar paddas eentonig in rietjiesvlei murmureer
en walvisse die magtige oseaan domineer
by skedelkus waar son skeepswrakke verweer
en wit beendere verder disintegreer
in kranse hoog waar arend triomfeer
en in bosveld wat droogte moet trotseer
oral ja oral het ek net weer loop leer
dat slegs Hy al ons bitter seer kan keer
8 Kommentare
-
-
Anze
baie mooi gedig!!
-
Arnold
Goed gebruik gemaak van al die 'eer' en so moet ons keer dat ons nie Sy liefde verbeur.
-
neels
ek het hierdie een baie geniet Evelyn
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Ronel Janse van Vuuren
Pragtig.