Jongste aktiwiteit:

Droogmond prewel

Op die verweerde winter horte
van my diepste binnesluis
brand warm koker vure,
én daar komponeer
jy dan ‘n minnesang
op die nat wasems
van ‘n vergete ruit

Snoer jy my blanke hals
in fluisterklanke –
wat soos ‘n wingerd
van pêrels, in violet bot
omkrul my voel
met rankvingers van
‘n immergroen

Sag omsoom jy my palms
se afdruk met ‘n sagte Vrede
(amper soos ‘n blinde
se voel in Braille)
gee my sò weer ‘n opgestane rede
om droogmond te prewel
na liefde wat uit
koker-vure wink

© Anzé Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

10 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed