Jongste aktiwiteit:

Veins

Veins

Veins die glimlag,
poseer soos ‘n model
voor al die nuuskierige
oë wat soos kameralense
ongemerk, tersluiks op jou
gerig is en verberg die rou
hartseer wat so diep binne
‘n donker geheime hartkamer
skuil geborge in privaatheid
vanwaar dit soms so heel
onverhoeds opborrel soos
verteerde lawa chym uit diep
gesmelte aardbuik en ongemerk
by die wanghang afbiggel…

Janetta – Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed