Jongste aktiwiteit:

Roos van hoop

‘n Roosknop wat groei op ‘n ashoop
sonder liefde sonder hoop
se hart gaan moeilik oop
maar in U lig kry ek dag vir dag krag
om my los te skeur
deur die rommel van my lewe
voort te beur
my weg te vind
myself te wees sonder vrees
om in genade te kan groei
in my Tuinier se skaduwee
Hy wat weet hoe om te snoei
wat my liefhet soos ek is
‘n roos wat ‘n ashoop versier
van roosknop tot roos kan blom
wat tot volle wasdom kom
dan kan die wêreld weet
al is ek broos
daar is dorings aan ‘n roos




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed