Rotse en Klippe
Rotse en Klippe
In ons lewens is daar baie
figuurlike klippe van groot betekenis:
Hoe dikwels het ons vir iemand ‘n klip uit die pad gerol,
hoe dikwels was die klipharde hart onvergewensgesind
toe dit ‘n hand van vrienskap moes reik …
Hoe dikwels word ‘n mens geteister deur klipharde
kakofoniese musiek en geraas wat ‘n onheilige
gevoel van onbehaaglikheid oor jou laat spoel!
Oor klein verskilletjies wil ons mekaar stenig en
ons herhaal ons foute en stamp ons koppe teen
dieselfde klip en nie eens ‘n esel doen dit nie
maar so slyp die leerskool van die lewe ons glad!
Daar is die mooiste half- edelgesteentes, maar
die dag wanneer ‘n vrou se oë die blinkste
skitter is wanner die blinkste diamantklippie
skitter aan haar vinger se verloofring !
Maar die belangrikste rots in ons almal
se lewens is daardie rots waarvan ons sing
ewige Rots, geklief vir my …
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.