Jongste aktiwiteit:

My storie-wêreld

moes kaalvoet op rotse trap
tog kon ek huppel-stap
vreugdes-liedjie op my lippe
voel ek nie die vlymskerp klippe
want in my bladsak
was my stories gepak
in my storie labirint
kon ek myself verloor en vind
in stories kon ek ver weg gaan
was ek ‘n huppel-kind
wat bonte versierings aan kaal takke hang
ander se trane afdroog
met my verfkwaste in reënboogkleure gedoop
verf ek vir my ‘n nuwe wêreld oop
kon ek in verwondering
sonder vrees
goed genoeg wees
gewigloos deur kosmos-kleure sweef
woorde in die lug gooi en vang
verse in pêrelsnoere bind
en om die maan se hals hang
sonder my storie-wêreld
sou my pen se punt verdrink
in getraande swart ink




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tokkies het ‘n nuwe publikasie gemaak