Jongste aktiwiteit:

Epitoom

Epitoom

Eens wild my hart
ongetem
uit hom ontplooi beelde
waar liefde lyne
kon trek
om siel en verstand—
verby grense
se denke
en wense
te intiem
om te verstaan;
saam wou ons
berge versit.

Nou stil my hart
getem
lewendig dood.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed