
Die nag
Drie uur in die môre
raak jy aan my hart soos maanligstrale
wat sag oor bruisende branders streel;
‘n halwe eeu doen jy dit al
weergalm melioristies deur my nag
asof ‘n ewigheid altyd op ons sal wag.
Melkwegwaarts slaan ek my oë soms op,
in die diepdonker stort vreemde sterre neer
tydloos soos diamante uit die duister
en hang trane oor my wange
want my lig skyn nog te helder hier
in die nadraai van jou skaduwee
onder jou glinsterstippels;
anker ek my spore immer
styf teen jou siel vas.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.