Jongste aktiwiteit:

My Samuel

My Samuel

Hanna het God vir ‘n kind gevra
diè gebed het sy in haar hart gedra
Haar hart was later week
van al die gesmeek

Elkana het sy liefde aan haar verklaar
en geweet sy kry baie swaar
Pennina het min van haar gedink
Eli het gemeen sy drink

Sy het ‘n gelofde gedoen
binne kort sou sy haar seun soen
Haar hart het gejuig
en sy het voor God gebuig

Die Here gee vrede
die Here verhoor gebede
Alles behoort aan die Here
Hy sal ons nooit begewe

Samuel kind, ek het jou van die Here gevra
nooit weer sou ek kla
Aan die Here het ek jou af gestaan
jy moes vir Eli vermaan

Hanna, ek wil saam met jou sing
die Here het vir my ook ‘n Samuel gebring
Hy het ‘n hart van goud
nooit weer sal ek sê hy is stout

Zander is lig en lewe
ek wil ook daarna strewe
Here, my gebed
is dat die wêreld hom nooit sal besmet

Onthou, my seun
oorwinning kom nie deur krag
maar deur die Here se mag

Hy bewaar die voete van sy kind
dit kan jy om jou hart bind
Zander, as hy jou roep
beantwoord altyd Sy groet!




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed