‘n Tyd om genadig te wees
Ek rangskik my witste wolke
bo jou blouste, blouste krans
en laat weer die tarentale
teen Durbanville se heuwels
vir jou dans …
verby die wingerdstok wat (appelgroen)
oor hoë priële vir jou loot,
deur boorde waar die bloeisels val
om uiteindelik te ontbloot –
hoe ek die perske- en amandelbome
(vol verwagting)
weer hul vrug
vir jou laat stoot.
© Carma Shaw
28 September 2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September - Lente projek