Fortuna
In die halfsirkels van jou ribbekas
wil ek behore heelword,
teen die klop van jou hart
myself tot rus sus;
uitgedos in die (opr)egtheid
van jou genaakbaarheid.
Is daar vir só geluksaligheid genade?
As mens betowerd van genot;
tevrede terugsak in jou eie teuels
bloed deur jou are voel pomp
wind deur jou hare laat waai –
die vlaktes om jou verken
terwyl jy galop oor die seën
van jou fluisterende drome
onder híérdie volmaan
-halfhartig om die halo van ‘n heelhart.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.