Jongste aktiwiteit:

Sterrehemel

Ek wil in die sterrehemel swem
In ‘n wentelbaan verdwyn,
Met die son se vonkels speel
In die melkweg gaan bly

Daar bo is alles ver
Daar bo is alles klein
Daar bo verlang mens terug,
na ‘n wêreld vol van pyn

Gaan hul my verlang?
Of moet ek dalk maar bly…

Hoe lyk dan ‘n wêreld,
‘n wêreld sonder my…?




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed