Jongste aktiwiteit:

Die Boekklub

In hierdie storie…
Sien ons hoe die lewe eintlik kan wees,
Klein en eenvoudig.
Met eindelose aanvaarding
Wat jou verwelkom, sonder vrees

Vir die karakters gaan dit selde oor net vlees,
Maar om jouself in die blaaie van ‘n boek te kan lees…
Almal hier is anders en almal uniek,
Almal met ‘n storie wat wag om vertel te word

Maar tussen elke traan van kwaad en bang,
Leer hulle ons van menswees,
wat soms swaar,
Soos ‘n wolk oor ons bly hang

Al gebeur daar soms dinge onverwags,
Verskaf hul steeds blyplek vir verlore stad siele…

Hulle dek vir ons ‘n tafel van lag en geluk,
So vreedsaam soos om vars kruie uit ‘n tuin te kan pluk

Saam kan ons ‘n rukkie in klein Merweville verdwyn,
Ver van die stad se geraas en bloeiende pyn

En by hulle vir ‘n uurtjie kom sit, dalk meer,
Dis wat die Boekklub vir ons wil kom leer.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed