Jongste aktiwiteit:

ek dink aan jou

ek sit en brei met die kleure van die heide
regs, regs, regs, aweregs
een oog op die breinaalde en wol wat moeiteloos ’n band vorm
regs, regs, regs, aweregs
een oog op die selfoon wat gaan lui, sal lui, moet lui
regs, regs, regs, aweregs
een gedagte op steke en syfers en spanning om vingers
regs, regs, regs, aweregs
een gedagte op jou in jou siekbed-doodsbed so ver van my
regs, regs, regs, aweregs
een gedagte op die foon wat gaan lui sal lui, moet… lui
aweregs




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed