Jongste aktiwiteit:

Lief soos die Kaap (silwer)

Goud met rooi-oranjeskroei
breek die lenteson oor die mooiste Kaap
bloesend verfris
ontwaak sy uit haar winterslaap
ongestoord, in purper maanhaar
tuur Leeukop oor die diepblou see
op Duiwelspiek pak ‘n engel
‘n spierwit miskombersie
in ‘n mandjie net vir twee
Tafelberg lê keurig gedek
in skakerings van immergroen
jou lippe naby myne
bedel woordeloos ‘n soen
teen Seinheuwel in die ligte bries
dans bergbruidjies in die fynbos bly
want dis voorjaar in die Boland
en jy sê jy’s lief vir my!

©️Elize Kruger




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak