Jongste aktiwiteit:

wonder

 

die winkende sonstrale

skeur sag deur miswolke

suid-ooster dryf die mis

in skifte van gordyne

voor vae sig verby

 

swewende gedagtes

wat ver in verlede delf

bring my by jou gesig

lewe jy ooit nog

of is jy alreeds tuis

 

met bewerige treë

skuifel my bene aan

krag lank reeds getem

soepelheid verlore

net gedagtes oor

 

mooi wil ek onthou

sukkel en verdriet negeer

elke sonskyn oomblik

aangryp en dankbaar

wonder van lewe geniet

 

Ó Tearlach.

 

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed