Pluk vir my ‘n volmaan (silwer)
Pluk vir my ‘n volmaan
as dit son stil verdwyn
en die maan verskyn;
pluk hom voor hy verder gaan,
wegdryf op sy wentelbaan –
laat die maanlig helder skyn
waar ons saam teug aan ‘n glasie wyn
en tyd vir die oomblik stil gaan staan.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek