Jongste aktiwiteit:

Beminde Stiltes

As ek vandag net een ding kon sê
sou dit die ongesproke weemoed wees
die woorde wat verstom en verwees
dit sou seker nie sonder seer wees nie
want al die trane in die wêreld
kan nie regmaak wat stukkend is nie
kan nie terugbring wat ons verloor het nie
dit sou seker ‘n sonnet van vrede en genade wees
dit sou beslis beminde stilte wees
wat ewig sou bly.
© Mei 2024 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde



1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed