Madeliefie vriende
soos veldblommetjies een vir een
uit lekker kuier saamgekweek
is jul my bedekte seën
waar niemand ooit dweep
het woorde in my hart kom lê
soos tuine met ń blomme geur
vry soos die hemelvoëls
klink die musiek in die agtergrond
wens ek vir jul genoeg son
want somer begin met nuwe drome
waar madeliefies welig
oor ons môre groei
soos blare in die wind
wil ek ons tydjie saambind
terwyl die klanke
van ń warm samesyn
oor my hart groei
en my liefde vir julle bloei
die glimlagte was van vreemdelinge
en die lig in jul oë het die antwoord gebring
want ń stukkie van jou
het in my hart kom woon
vir jou pluk ek madeliefies
waar jy ookal wegdraai
my veldskoene sal ek ruil
vir vriende soos julle
die asem in my
soos tuingrafies
wat rondkrap in my kop
wens ek vir jou
madeliefie vreugde
jou spore het diep kom lê
gesaai is ons vreugde
onvervangbaar groot
laat ons liefde nooit dors word
@ Louisa van Vliet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2023 – OOP projek