HEMELVAART
Op die trappe van die monument in lig beklee
En waar die vroeë winter sonsondergang
Die lug in bloed verkleur
Dink ek aan –
Hoe ons met spies, woord en geweer verniel
Vir die besit van stukkies grond
Wat God in die begin reeds aan ons gee.
Aan ons nietige struwels met semantiek en ideologie.
En aan die grootheid van n God en Heer
Wat soos ’n moordenaar
aan ’n kruis
dood is
en Opgestaan het
Om vir sy vyand die Ewige Lewe te gee.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.