Roesbruin winter Goud
ek pars vir my die winter
in die middel van ‘n boek,
sodat ek die roesbruinkleur
in elke hoofstuk op kan soek
versigtig streel my vingers
die geel gedroogte aar
en hoor ek weer die krieke
in my winterboek baljaar
ek proe die stof van die karoosand
tussen die lyne vasgevang,
ruik die hartseer in die sonneblom
se dorre kop wat hang
tog bloei daar op die horison
die klank van nuwe hoop,
fluister die winterwind ‘n lofsang
wat my van weemoeds-inhibisies stroop
Amanda DM
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek