Ek hunker nog aan jou(goud)
Die dae is lank en uitgestrek;
ek wil soos ‘n windvoël
die lug oopvlek,
en neerdal tot my geliefste plek.
Ek hou my oë stip-stip gerig;
groen is die dal, kranse staar ongedeerd terug;
doer onder koester jou gesig
so sal ek jou vind in die vlug.
Dit begryp my nou:
soos die kou van vroë-môredou;
al gaan lê wind hom neer
en lê daar in die grasland ‘n enkele veer.
Bly daar geen keer,
aan my hart sé hunker nou.
©Morné du Preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek