Jongste aktiwiteit:

in blomme-taal

in blomme-taal (SILWER)

hoe verwoord ek die seer in my lewe
as jy voor my staan en vra: vergewe?

met oë vol berou glim die trane blink
as jy, blomme in die hand vir my wink

jy maak en breek soos dit jou behaag
maar wil my nou skielik so onderskraag?

die houe reën neer soos pyle van vuur
as jy my met woedende oë aangluur

woordeloos smeek ek jou om te stop
voor jy my willens en wetens wegskop

kan ons die stukke optel en weer vertrou
of is die skade reeds te diep in ons rou?

ek smeek in stilte dat die pyn bedaar
laat ons vergewe en vrede verklaar

hoe verwoord ek die seer wat ek moes ly
as jy voor my staan en vra: vergewe my?

©MarleneErasmus
15/05/2024

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed