die toe en nou
uit die grou verlede
styg nostalgiese geure
dit wat was in grys kleure
spys en drank vir die hede
elke gebeurtenis
fotogenies vasgevang
laat die kyker verlang
verryk jou kennis
geografie van destyds
opgeweeg teen die tans
gee reisiger nuwe balans
oor ervaring eietyds
hart en siel ervaar
emansipasie van speler
hartlike beeld as deler
van vrede en gevaar
wanneer
speelweer verstrak
vries jy in een trak
mag jy daaruit leer
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.