
humoresque
eers op die rooi gordyn
het dit dof verskyn
toe helder geword
gordyn oopskuif
daar net een
persoon
op verhoog
saggies beweeg
hy van kant tot kant
terwyl note suiwer opklink
uit bakarm greep se instrument
so suiwer dat dit sny tot in my siel
weg gebêre word vir altyd en ewig
note kom en gaan, stadig, vinnig
dartelende melodie wat boei
laat gedagte sluierend vloei
weet ek hierdie leeftyd
te kort om sy musiek
te kan vergeet
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.