
drome
soms droom ek diep op my duin
sweef my siel so deur die huis van lewe
dan besoek ek kamers van hierdie eindelose huis
kamers wat vertel wat in die huis aangaan
so sien ek een kamer waar mense bid
ander kamer is vol gillende skieters
nog ‘n kamer is vol wit kruise
een kamer met mense
wat kop-in-die-sand
staan soos volstruise
dan ‘n oop saal van savana
waar diere vlug voor veldbrande
hoog teen die trappe op is daar ‘n kamer
waar klein groepies oefen om te skiet
hardloop heen en weer om bosse
bly bymekaar en ondersteun
vasberade nie te verloor
dan kom ek uit op stoep
voor my gaan daar ligte op
helder wit kartetse bars oral
malende hordes soek oral na iets
soos dik gerookte zombies hol hul rond
jillend en gillend storm hulle af op alles wat leef
om wellus en bloedlus te bevredig – duiwel besetenes
dan kom daar donderende blitse uit wolkelose hemel
skielik verskyn daar wolke van elke horison
donder en blitse laat massas verbaas
sterk wind met spierwit figuur
stuit massas se opmars
laat hulle neergooi
omdraai en vlug
oor velde en rante
oor riviere en berge
oral bly hul karkasse lê
en aasvoëls baljaar
oor myle se aas
waar vroeër
bravade
was
staan
nou
Man op Wit perd
wat vaandel omhoog
vrede verklaar
oor huis
en
lewe
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.