Jongste aktiwiteit:

Digitus paternae dexterae…Die vinger van die Vaderlike regterhand

Opdrag 6 – Kuns en visuele stimulasie

Digitus paternae dexterae
Die vinger van die Vaderlike regterhand

Hoog teen die kapel se hemelplafon lê hy,
gebore uit heilige uterus met naelstring reeds geknip,
Il Divino, die renaissanceman, se uitbeelding
van die glorie van die skepping
in sy volheid, naak en uitgestrek
sonder lewenslus, heelt’mal onbewus
van dít wat lewe werklik is,
terwyl die Skepper stadig strek
geklee in die eenvoud van Sy mag,
die skepsel-mens te laat leef
deur die vingerafdruk van Sy krag.
Engele en die maagd kyk
in stille afwagting na die oomblik,
soos ‘n senuwee-sinaps van lewe
wat voor die hele mensdom huiwer,
maar die kleiliggaam van die eersgeborene,
hoewel gespierd, is nat en dig
die mens verstaan eenvoudig nie,
met Sy regterhand wil die Vader hom lewe gee
Adam moet net sy vinger lig

© Grootvissie
Augustus 2018




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Rika Gerryts het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak