Homo Sapiens (Opdrag 6)
Voor die grou gat van gister se grens
duskantdie kaplyn waar die son val
en die maan sy strale blink poets
het Alfa sy asem deur Omega geblaas
met ‘n ribbekas vol drome sonder vlerke
so het die eerste fresko van ons psige
vyfhonderd en ses jaar gelede
met kwashale konteks verskans ¬
om mans op Mars te manifesteer
tot ‘n spesie,
volksvreemd aan Eva se dogters
nou sit ek hier, eeue later
en kry die voëls jammer
wat soos angs gedagtes getjirp het,
tydens die ongeluk van die appel
om te keer of te probeer saamsweer,
maar môre se koms was reeds
tussen skadu’s op ‘n muur geskryf
in ‘n skrif wat ons stomme skepsels
vandag nog verdeeld laat voel
© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
2 Kommentare
-

Callie Vermeulen
Pragtig Caren.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie